Oranje se Trompoppies was gedurende 2013 voorwaar uitstekend en het alle verwagtinge oortref. Hulle het waarlik van krag tot krag gegaan. Oranje se passievolle en talentvolle afrigter, Christa de Wet het die span hoër hoogtes laat bereik met haar liefde vir die sport. Oranje het vanjaar 3 Springbokke opgelewer en die Vrystaatspan bestaan uit 9 OMS meisies, voorwaar ‘n prestasie.
Small drill
Pom non prop groep
Gooi groep
Large drill
Vlag groep
Lou-marie Crompvoets
Chalize van Zijl
Carolien van Heerden
Tydens die plaaslike kompetisies het Oranje goeie uitslae behaal. Daar was 4 kompetisies gehou deur die loop van 2013. Die algehele posisies lyk soos volg:
Gooi groep: 2de plek
Vlag groep: 2de plek
Pom non prop: 2de plek
Small drill: 2de plek
Large drill: 2de plek
Hierdie sport bied die dogters soveel meer as net die sport self. Ek is al 9 jaar aktief betrokke by die afrigting van die sport en die afgelope 2 jaar voorsitster van die Vrystaat komitee. Ek het al gesien hoe dogters ontwikkel van dogters wat jou nie eens in die oë kan kyk nie, tot mesies vol selfvertroue. Hulle leer wat deursettingsvermoë is, ‘n mooi houding en goeie postuur.
Oranje het die afgelope 22 jaar elke jaar gekwalifiseer om aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskap deel te neem. Die afgelope 3 jaar het die formaat van die kampioenskap verander. Oranje se uitslae was soos volg:
2011: Behaal ‘n algehele 3de plek in die Premier liga.
2012: Kwalifiseer vir die Elite liga.
2013: Behaal ‘n algehele 3de plek tydens die Premier liga en kwalifeseer reeds vir 2014 om aan die Elite liga deel te neem.
Enige dogters is welkom. Ons het dogters wat eerste spanne speel in verskeie sporte, sterk kultuur dogters, dansers en dogters wat sterk in akademie presteer. Die dogters wat ander sport by u skool beoefen, sal dit steeds kan doen. Ons sal die kinders nader en kyk hoe ons te werk kan gaan om hulle te gemoed te kom. Ons oefen gereeld op Saterdae en al die kompetisies word ook op Saterdae gehou. Indien dit is, dat u skool se dogter moet deelneem aan ‘n sportdag by u skool sal ons kyk hoe ons die situasies individueel hanteer.